Wanneer die son sak, kom Lagerville tot lewe. Geleë in die hart van die SPAR Kirkwood Wildsfees is Lagerville die plek waar feesgangers ná ‘n dag vol aksie, vermaak en avontuur saamkuier vir groot musiek, goeie geselskap en onvergeetlike laatnag-oomblikke.
Op Vrydag 26 Junie 2026 neem Biggy en Early B die verhoog oor vir ‘n energieke kuier wat beloof om die tent behoorlik te laat dreun. Die volgende aand, Saterdag 27 Junie 2026, sorg Dirk van der Westhuizen en Loufi vir ‘n spog-afterparty wat die Wildsfees-naweek op ‘n hoogtepunt afsluit.
Met lewendige optredes, ‘n bruisende atmosfeer en ‘n feesgees soos min, is Lagerville die ideale plek om saam met vriende te ontspan, nuwe mense te ontmoet en die aand in styl voort te sit.
Vermaakprogram
Vrydag 26 Junie 2026 | 23:00
- Biggy
- Early B
Saterdag 27 Junie 2026 | 23:00
- Dirk van der Westhuizen
- Loufi
Belangrike Inligting
- Slegs vir persone 18 jaar en ouer.
- Program onderhewig aan verandering.
- Toegang volgens Wildsfees-reëls en -voorwaardes.
Lagerville – waar die kuier ná donker eers regtig begin.




